Ontwaking van
die Entrepreneur

‘n Aanlyn kursus

Wat as jy jou groep kan mobiliseer om meer ondernemend te dink en op te tree?
Wat as jou groep kan bydra tot ekonomiese groei wat Suid Afrika brood nodig het?
Wat as ons Suid-Afrika se ekonomiese en sosiale woestyn in 'n tuin kan verander?
Wat as ons stap vir stap van hier...

Suid Afrika is ekonomies 'n baie ongelyke samelewing. Aan die voet van ‘n baie hoe krans is ‘n skare wat opkyk na ‘n kleiner groep wat afkyk na hulle. Die onderste groep verteenwoordig tipies die meerderheid Suid Afrikaners se posisie ten opsigte van ons ekonomie. Ons ekonomie het die meerderheid Suid Afrikaners agtergelaat. Hulle bondel heel onder saam. Die groot vraag is, hoe gaan hulle dit reg kry om bo uit te kom? Die groep bo kyk af na die wat onder is met ‘n oorweldigende gevoel van hopeloosheid; daar is te veel daar onder, te min hier bo en die krans is te hoog.
... na hier kan kom?

Hierdie is sig-sag pad, met ‘n gematigde helling, waarop groepies mense teen verskillende pas vordering maak. Hierdie voorstelling breek ‘n onmoontlike situasie op in meer haalbare uitdagings. Dit verseker klein wenne en daarom bevorder dit momentum en hoop. Gebrek aan hoop maak dat ‘n mens nie kan presteer nie. Ekonomies moet ons ‘n opwaartse beweging bewerkstellig, maak nie saak as dit aanvanklik klein is nie.
Wat as jy een van die belangrikste vaardighede vir die 4de Industriële Revolusie kan aanleer: die vermoë om geleenthede te sien wat ander mense mis en dit in aksieplanne vas te vang?
Wat is 'n entrepreneur?
Wanopvattings oor entrepreneurs

Ons samelewing het wanopvattings oor wie en wat 'n entrepreneur is en dikwels tot ons eie nadeel.

Die media het ons bekendgestel aan die uitdrukkings "tenderpreneurs" en "culturapreneurs", maar hierdie uitdrukkings is verkeerd!

Entrepreneurs is kragtige agente van verandering in gemeenskappe. 'n Entrepreneur is iemand wat:
  • kyk na 'n woestyn en 'n tuin sien
  • moontlikhede sien waar ander dit nie kan sien nie
  • vorentoe beur om hierdie moontlikhede 'n werklikheid te maak
  • met deursettingsvermoë, harde werk en innovasie ekonomiese groei en welvarende gemeenskappe bevorder.
Kyk 'n kort uittreksel van wat u in hierdie aanlynkursus kan verwag


Hierdie kursus is vanuit 'n Christelike wêreldbeskouing saamgestel en is vir groepe ontwikkel.
Ons glo dat hierdie 'minder algemene' benadering tot entrepreneurskap vars insigte bied.
Ja!
Hierdie kursus sal...
  • jou 'n praktiese verstaan van wat 'n entrepreneur is gee
  • groepe motiveer om ondernemend te dink en op te tree
  • groepe mobiliseer om geleenthede te sien wat hulle voorheen gemis het
  • jou group leer om geleenthede in aksieplanne te omskep
  • voorbeelde uit die werklike lewe gebruik om leer te bevorder
  • voorsiening maak vir aktiewe leer en groepsdeelname
  • jou groep uitdaag om te glo dat hulle die vermoë het om 'n verskil te maak
  • jou groep blootstel aan “groot denke” (‘n voël-oog-aansig op situasies te kry)
  • vaardighede ontwikkel om inligting te ontleed en ‘n geheelbeeld te vorm.
Kursus opsies

U kan een die volgende keuses uitoefen:

  • opsie 1 (volledige kursus)
  • opsie 2 (verkorte kursus: dele 1, 2, 3 en 8)

Dele 1 tot 3 bied 'n grondige begrip van entrepreneurskap en maak gebruik van praktiese voorbeelde uit entrepreneurs se lewens.

Deel 4 tot 7 ondersoek die gevallestudie van 'n groep mense se entrepreneurspad. Dit is ongewoon om 'n gedokumenteerde gevallestudie van 'n groep mense se kollektiewe entrepreneurspad te hê. Nog meer ongewoon van die gevallestudie is dat dit eerstens die groep se eeu-lange ekonomiese agteruitgang tot ekonomiese veragtering, dokumenteer. Dit lig die faktore wat negatief ingewerk het op die groep se vermoë om ekonomies bekwaam te wees, uit. Hierna volg hul aanvaarding van hul situasie en die strategieë wat hulle aangewend het om hulself te red. Eenvoudige strategieë, maar tog was dit in so 'n mate suksesvol dat hulle binne tien jaar armoede grootliks oorkom het.

Hierdie gevallestudie handel oor die geskiedenis van die Afrikaner voor apartheid. Ons is bewus daarvan dat dit vir sommige mense nie aanvaarbaar sal wees nie om die geskiedenis van die Afrikaner, van wee hulle verbintenis met apartheid, te bestudeer nie. Vir hierdie rede bied ons jou die twee keuse opsies.

Terselde tyd wil ons sê dat ons op geen manier apartheid ondersteun of selfs wil versag nie. Dit is wat dit is: 'n onverdedigbare skending van mense se regte. Ten slotte, aangesien hierdie gevallestudie oor die eeue-lange geskiedenis van die Afrikaner voor apartheid handel, vorm die beginsels, praktyke en beleid van apartheid nie deel van hierdie kursus nie.

Deel 8 begelei die groep stap vir stap in 'n proses waar geleenthede geïdentifiseer word, oplossings in 'n dinkskrum gegenereer word en 'n aksieplan vir 'n oplossing ontwikkel word.

'n Kursus fasiliteerder in Zambië het die volgende opmerking gemaak:
"Die deelnemers het absoluut geen probleem met die studie van die Afrikaner se geskiedenis gehad nie, al was hulle ten volle bewus van apartheid. Hulle persepsie van 'n Afrikaner was dié van 'n 'oorspronklik' ryk gemeenskap. Hulle was dus eintlik geskok om te verneem dat die mense oor wie hulle so gedink het, eens op ‘n tydstip in die geskiedenis eintlik 'baie arm en verwaarloos' was. Volgens my het dit hulle eintlik geïnspireer omdat hulle geredeneer het dat hulle dit ook kan doen!”
Lees meer oor hoe ons dink in ons artikels op Maroela Media.
Wie sal baat vind by hierdie kursus?
  • Kerkgroepe
  • Gemeenskapsgroepe
  • Gesinne
  • 'n Groep vriende
  • Alhoewel hierdie kursus hoofsaaklik vir groepe ontwikkel is, sal individue net soveel daarby baat
  • Hierdie kursus is geskik vir persone 16 jaar en ouer (navorsing toon dat baie suksesvolle entrepreneurs 40 jaar en ouer is)
Hoeveel kos die aanlynkursus?
Opsie 1: Volledige kursus*
Die kursus is tans slegs in Engels beskikbaar.

Opsie 2: Verkorte kursus*
Die kursus is tans slegs in Engels beskikbaar.

*Lees meer oor die verskille tussen die twee kursus opsies hier bo.

As jou groep probleme ondervind om die geld vir hierdie kursus te betaal, moedig ons julle aan om hierdie oënskynlike negatiewe situasie te gebruik om ondernemend te word.

Laat die groep saam ‘n fondsinsamelingsprojek beplan en uitvoer. Ondervinding het ons geleer dat 'n strategie soos hierdie die waarde van die kursus vir jou groep grootliks verhoog. Voordat hulle amptelik oor 'n entrepreneur leer, sal 'n fondsinsamelingsaksie hulle onbewustelik in die wêreld van 'n entrepreneur dompel en sal die kursus 'n manier word om hul ervaring te formaliseer en te orden.


Hier is 'n kort video oor die kerkbasaar om u verbeelding aan te wakker.


Nuusbrief

Teken in op GoodNight Entrepreneur se nuusbrief om op hoogte te bly van ons artikels, kursusse en aksies.


Jou e-posadres word veilig gestoor, ons sal dit nooit verkoop of aan 'n derde party oorhandig nie.
Vrae en antwoorde
Hoe werk die aanlynkursus?
  1. Die volledige kursus bestaan uit 7 lesse.
  2. Die kursus kan oor 2 dae voltooi word. Vir die beste resultate stel ons voor dat jou groep ten minste een oop dag tussen die twee dae wat hulle die kursus bywoon, het. So ‘n reëling sal die groep tyd gee om veldwerk te doen en die impak van die kursus sal so verhoog word.
  3. 'n Les bestaan tipies uit:
    • ​​'n video van tussen 10 minute en 22 minute,
    • ware verhale en voorbeelde van entrepreneurs, en
    • self-refleksie vrae aan die einde van elke les. Hierdie vrae help die groep om hul eie begrip te evalueer en moedig hulle aan om positiewe gewoontes aan te leer.
  4. Die korter kursus bestaan ​​uit 3 lesse en kan in een dag voltooi word.

Wat sal ek nodig hê om hierdie kursus te doen?
  1. 'n Rekenaar of tablet.
  2. 'n Internetverbinding om toegang tot die aanlyn kursus te verkry en na die video's te kyk.
  3. 'n Lokaal vir die groep.
  4. “Sticky-notes” en penne vir die lede van die groep.

Kan ek die kursus aanbied, terwyl ek self min of geen kennis oor entrepreneurskap het?

Ja beslis! Die kursus is ontwerp om moeiteloos aangebied te word. Alle oefeninge, vrae, hulpmiddels benodig en die tydtafel word voorsien. Ons stel voor dat jy die fasiliteerdersnotas ter voorbereiding bestudeer. Die res is vanselfsprekend.

Vir wie is hierdie kursus geskik?

Omrede ons gebruik maak van ware verhale en gevallestudies, is hierdie kursus geskik vir 'n uiteenlopende gehoor, van absolute beginners of nie-entrepreneurs tot meer gevorderde entrepreneurs. Ongeag jou vaardigheidsvlak, kan jy leer uit die wedervarings van ander mense. Hierdie verhale is inspirerend en gekies vir hul groot verskeidenheid.

Ons het terugvoering ontvang van 'n gesin met kinders in die laerskool wat hierdie kursus gedoen het en die kinders was aangegryp deur die kursusmateriaal. Ons stel egter voor dat u groep effens ouer is; sê van graad 10 af en ouer.

Sal ons teen die einde van die kursus 'n besigheidsplan hê?

Nee. Ons is van mening dat om met 'n besigheidsplan te begin, sal wees soos om die perd voor die kar in te span. Die belangrikste aspek wat 'n entrepreneur onderskei, is die persoon van die entrepreneur. Dit is waar die onverwagse, wat ons met entrepreneurstories verbind, vandaan kom. Die onverwagse is geleë in die denkpatrone, houdings en deursettingsvermoë van die entrepreneur, en dit is waarop ons fokus. Ons glo dat 'n sakeplan 'n sekondêre vaardigheid is - en ons het gesien dat entrepreneurs maklik kan leer om ‘n besigheidsplan op te stel, veral wanneer hulle gemotiveer is vir 'n onderneming. Dit is baie moeiliker om geleenthede te sien waar ander mense nie geleenthede kan sien nie en om die vaardighede en emosionele krag te hê om hierdie geleenthede ‘n werklikheid te maak.

In 'n latere kursus bespreek ons die opstel van 'n besigheidsplan.

Ek is nie 'n Christen nie, kan ek hierdie kursus doen?

Ja beslis. Om te leer van lewenservaringe van mense met verskillende lewensbeskouings kan altyd insig bied, selfs as jy nie met alles saamstem nie.